Staan jy by ’n kruispad in jou loopbaan omdat jy nie meer bevrediging uit jou huidige beroep kry nie of omdat jy voel dat dit die einde van jou pad by die onderneming is? Oorweeg jy dit om dalk maar van werk te verander of vir jouself te begin werk? Jy moet die redes vir hierdie loopbaanskuif deeglik oorweeg. Dit kan ’n verskeidenheid van redes insluit: jy soek na onafhanklikheid met jou finansies of dalk net ’n poging om dit te verbeter, jy soek na nuwe uitdagings, jy wil groter beheer oor jou eie tyd uitoefen of jy is dalk uit diens gestel of kan nie ’n geskikte werk in jou omgewing kry nie. Of dalk het jy ’n goeie geleentheid in die mark gesien en wil jy graag onafhanklik begin lewe.
“Die beste rede om ’n eie onderneming te begin, is wanneer jy ’n goeie geleentheid in die mark raaksien en dit wil benut,” sê DeWet Schoeman, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Entrepreneurskap by die Universiteit Stellenbosch se bestuurskool.

Laai volle artiekel af