Met die begroting van minister Pravin Gordhan pas afgehandel en gepaardgaande aanduidings dat sake op die finansiële front waarskynlik nie so goed gaan nie, voortdurende stygings in die brandstofprys en ’n algemene inkorting van die klein plesiertjies in ons lewens om te verseker dat ons persoonlike begrotings klop, is daar by baie mense ’n groeiende gevoel van arm wees… Geleerdes het nogal ’n goeie gonswoord daarvoor uitgedink – globale armoedebewustheid (global poverty consciousness). Dit maak ook nie saak voor wie se deur jy die blaam vir hierdie gevoel van armoede wil lê nie – Gordhan, die minister van minerale en energie, die verlies aan werksgeleenthede en hoë werkloosheidsyfers . . . Jy kan enigiemand daarvoor blameer, maar dit gaan niks verander aan die feit dat al hoe meer mense hul rieme fyner moet sny as wat hule gedink het nodig sal wees; dat hulle die finansiële druk al hoe meer gaan ervaar en oor die algemeen meer bedruk gaan voel oor die toekoms en hul finansiële veiligheid nie. Chemory Gunko, kreatiewe direkteur van Dsignhaus, ’n maatskappy wat bestuurskonsultasiedienste bied, sê ons het almal oor die jare gewoond geraak aan die gesegde dat 1% van die mense 99% van die geld het en dat alles wat hierdie groepie mense doen reg uitwerk en hulle net meer en meer geld maak.“Maar het jy al gaan stilstaan om te vra hoekom die rykes net nog ryker word en jy steeds sukkel om daardie deurbraak te maak? Het jy gewonder wat dit is wat hierdie mense anders maak?

Laai volle artiekel af