In die sakewêreld word die vraag dikwels gevra of afrigting op alle vlakke van ’n organisasie kan werk en suksesvol geïmplementeer kan word.  “Die antwoord op hierdie vraag is natuurlik ’n besliste ja,” sê Andrew Morton van The HR Hub. “Afrigting in Suid-Afrika word al langer bedryf as wat ’n mens aanvanklik sal dink, maar in baie gevalle is dit slegs gebruik vir uitvoerende beamptes van multinasionale ondernemings, die elite van die sakewêreld. Maar tog is daar ’n beweging onder baie kleiner maatskappye om afrigting aan spanne en uitgesoekte bestuurslui te bied,” sê Morton. Hy meen sommige ondernemings is steeds nie seker oor die verskil tussen afrigting en mentorskap nie. En afrigting word al so lank gebruik as wat daar bestuursprosesse bestaan. “Volgens Marius Meyer en Leon Fourie, skrywers van Mentoring & Coaching, is mentorskap ’n dinamiese en wederkerige verhouding in ’n werksomgewing waar iemand met meer werkservaring (die mentor) iemand met minder ervaring wat ontwikkelingspotensiaal toon, bystaan om in ’n spesifieke kapasiteit te ontwikkel.

Laai volle artiekel af