Jou werkplek is die plek waar jy waarskynlik die grootste gedeelte van jou dag deurbring – en dus ook die grootste deel van jou lewe. Kom ons maak ’n vinnige som: werk vir agt uur op ’n dag, 22 dae per maand, 12 maande van die jaar – toegegee, dit is sonder vakansies – gee vir jou 2112 uur by die werk – ’n allemintige lang tyd! As jy dan soveel tyd daar deurbring, is dit mos niks minder as reg nie dat dit vir jou lekker moet wees; jy kan dit mos as ’n reg opeis. Vandag is een van die vaardighede wat bestuurders in die gesig staar – om die vrede op kantoor te probeer handhaaf. Hoe hulle die konflik wat daar onvermydelik ontstaan, hanteer, gaan baie aan jou geluk en produktiwiteit doen. Volgens Neville de Lucia, direkteur van nuwe besigheid by Dale Carnegie Suid-Afrika, is die vinnige oplos van kantoorkonflik krities om te verseker dat probleme gou en doeltreffend opgelos word.“ Die vermoë om mense op die regte manier te hanteer, is ’n vaardigheid wat al hoe belangriker in die kantoorsituasie word. As bestuurder is dit dus belangrik om konflik te kan oplos en die regte prosesse daarmee te volg,” sê De Lucia. Reinhard Moors, ’n lewensafrigter van Outerbox Thinking,  stem saam en sê konflik is deel van menswees.

Laai volle artiekel af