Dit is die een ding wat ons almal die een of ander tyd net moet doen – om af te skakel. Die lewens- en werkstempo waarteen ons deesdae ons dae deurjaag – van soggens vroeg tot saans laat – laat ’n mens dikwels nie tyd toe om te ontspan nie. Dit is die een vergadering op die ander, werksdruk en teikens, en bykomende werk kom maaklik saans saam huis toe. Dan moet Ma en die kinders, en natuurlik ook die diere net uit die pad bly, anders is die kortgebakerde hardwerkende pa se lont skielik baie kort. Maar dit is mos nie reg nie – nie teenoor jou huismense óf jouself nie. Iewers moet jy tot stilstand kom, ’n bietjie briek aandraai voordat iets dalk die mat permanent onder jou voete uitruk… “As dit by werk kom, werk die gemiddelde persoon 80 000 uur in sy leeftyd – dit is as hy of sy agt ure ’n dag werk. Dit is genoeg!” sê Reinhard Moors, leefstylafrigter van Outerbox Thinking. “In die hedendaagse lewe word ons bestaan deur ons werk oorgeneem, deels omdat ons as gevolg van tegnologie té bereikbaar geword het. 25 jaar gelede was daar geen selfoon of skootrekenaar nie. Mense het huis toe gekom en die werk is gelos tot môre. Nou is ons omtrent 24/7 ‘on call’ en ons kan die kantoor saamneem huis toe deur die einste skootrekenaar,” sê Moors.

Laai volle artiekel af